Letters beteken niks op hulle eie nie. Letters is net strepe wat klanke voorstel.
Wanneer letters saamgebruik word, maak hulle woorde.
Wanneer ‘n kind leer lees, leer hy/sy om die letters te herken en hoe hulle saamgebruik kan word om woorde te maak.
Woorde het betekenis.
Woorde wat saamgesit word, maak sinne.
Sinne het betekenis.
Sinne wat saamgesit word, maak paragrawe.
Paragrawe maak bladsye vol.
‘n Kind wat kan lees, kan stories lees.
Stories help ‘n kind om te leer lees, want die stories hou sy aandag en gee betekenis aan woorde.
Stories is deure na ander wêrelde.
Wanneer ‘n kind lees van ander wêrelde, ontdek hy homself en sy eie wêreld, op ander maniere as ‘n kind wat nie lees nie.
Deur ‘n kind te leer om te lees en hom bloot te stel aan soveel stories as moontlik, is een van die grootste geskenke wat jy hom ooit kan gee.
Watter ander geskenk maak deure oop na eindelose moontlikhede om ‘n lewe wat betekenis het te leef?


