Die waarde van stories

Stories kan ons verder vat na ’n plek waar ons horisonne verskuif en ons eie persoonlike wêreld verruim word.

Stories kan ons nader vat na ’n plek waar ons ons gemeenskaplike menswees beleef.

Deur stories kan ons ons unieke andersheid beleef en herken, maar ook ons menslike eendersheid.

Stories is spieëls van ons en ander se menswees.

Om te kan lees beteken om geletterd te wees – jy het dus die vermoë om geskrewe letters, waar hulle ook al mag voorkom: straatname, koerante, etikette op produkte, gebruiksaanwysings ens. te interpreteer en te begryp. Hulle maak vir jou sin (sinne).

  • voorlees- en selfleesstories verbeter sinskonstruksie
  • voorlees- en selfleesstories brei woordeskat uit
  • voorlees- en selfleesstories brei algemene kennis uit
  • voorlees- en selfleesstories verbeter persoonlike insig
  • selflees verbeter spelling
  • Die nuwe kurrikulum vereis insig van leerders. Insig word verkry deur ervaring. Stories is addisionele ervarings, want ‘n storie is maar net ‘n spieëlbeeld van die lewe.

    Voorlees- en selfleesstories stimuleer die verbeelding

    Verbeelding is belangriker as kennis

    Albert Einstein

    Die waarde van stories is eintlik vanselfsprekend, as ‘n mens net daaroor nadink.

    Gepubliseer on Oktober 2, 2009 at 6:38 vm  Comments Off  
    Follow

    Get every new post delivered to your Inbox.