Die opvoedkundige waarde van kies-jou-eie-avontuurboeke/ Kinders wat nie hou van lees nie

Omdat die leser betrokke is by die storie deur keuses uit te oefen, bemagtig dit die leser – sodoende word hierdie soort boeke dikwels gelees deur kinders wat nie “gewone” boeke lees nie.

Kinders wat nie graag lees nie is dikwels aktiewe kinders en vind boeke dikwels te “passief” na hulle smaak. Hierdie boeke is onder andere bedoel om die sogenaamde “trae leser” (dit is: die intelligente kind, wat nie noodwendig hou van lees nie) aan die lees te kry.

Kinders leer (onbewus) om noukeurig te wees deurdat hulle na die korrekte bladsye moet blaai, om die storie vêrder te lees

Die boeke wemel van feite wat interessant en vermaaklik aangebied word as deel van die stories.

Kinders leer dat keuses sekere gevolge het.

Kinders leer dat keuses uitgeoefen kan word en mag daardie insig ook toepas in hulle eie persoonlike lewe.

Die drie verskillende milieus waarin die stories afspeel (die wêreld van die dinosourusse, ou Egipte en ou Griekeland) gee aan lesers ’n soort belewenis van hoe dit sou voel om daar avonture te beleef – hulle algemene kennis word dus op ’n speelse en vermaaklike manier geweldig uitgebou.

Die interessante volkleur illustrasies (A4) bied ook aan die leser ’n duidelike visuele beeld van hoe die milieus lyk en daarom voel dit asof hy/sy werklik in die storie is.

dinosourus
hercules

toetenkat

Gepubliseer on Oktober 2, 2009 at 7:02 vm  Comments Off  
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.